Melktandjies bestaan tans uit 5 pragtige klaskamers wat goed toegerus en uitgelê is. Ons "Potty-train" klassie is in buite klaskamers, geskei van die grootter kleuters.
Indien u opsoek is na 'n betroubare kleuterskool, waar dit skoon is, genoeg ruimte en speelplek en die kossies ook nog so lekker bedien word, kom besoek ons gerus. Elke dag is ope dag by "Melktandjies Kleuterskool".
U kleuter se tevredenheid, en welsyn word ten alle tye nagestreef. Komminikasie tussen ons as skool en u as ouer is onontbeerlik. Daar is dus altyd tyd om oor u kind te gesels. Die personeel deel in die entoesiasme en streef daarna om u kleuter optimaal te stimuleer en talente te help ontwikkel.